1
Openbaring 21:4
Die Boodskap
As daar trane oor hulle wange loop, sal God self dit afdroog. Niemand sal meer daar doodgaan nie. Niemand sal hartseer wees of pyn ken nie. Hierdie slegte dinge van voorheen sal vir ewig en altyd verby wees.”
Vergelyk
Verken Openbaring 21:4
2
Openbaring 21:5
Die Een wat op die troon sit, sê toe: “Kyk mooi, Ek maak alles nuut!” Verder sê Hy: “Skryf dit neer. Hierdie woorde kan mense maar glo, want dit is waar! Wat Ek gesê het, het gebeur.
Verken Openbaring 21:5
3
Openbaring 21:3
Ek hoor toe ’n harde stem sê: “God bly nou by en tussen die mense; ja, Hy gaan saam met hulle bly. Hulle sal sy mense wees. Hy sal hulle God wees en by hulle wees.
Verken Openbaring 21:3
4
Openbaring 21:6
Alles begin by My en Ek besluit waar alles gaan eindig. Ek is die begin en die einde. As iemand geestelik dors is, sal Ek vir hom sorg. Ek sal vir hom water gee wat ’n mens se geestelike dors les en hom vir ewig laat leef. Dit alles is gratis.
Verken Openbaring 21:6
5
Openbaring 21:7
Die persoon wat enduit as Christen volhou, sal soos ’n egte kind al hierdie dinge van My erf. Dit is my ooreenkoms. Ek sal vir hom God wees, en hy sal my kind wees.
Verken Openbaring 21:7
6
Openbaring 21:8
“Maar ’n see van brandende vlamme en swael wag vir ander mense: dit is daardie lafhartige mense wat nie na My luister nie. Hulle doen die vieslikste dinge. Hulle gee nie om om ander mense dood te maak nie. Hulle slaap rond en doen seksuele dinge wat ’n mens nie behoort te doen nie. Om nie eens te praat van hoe hulle afgode dien en soos towenaars allerhande geestelike magte vir hulle eie voordeel probeer manipuleer nie. Dit is ook hulle wat so lieg. Nou ja, vir hulle wag daar geen toekoms nie, net die tweede dood.”
Verken Openbaring 21:8
7
Openbaring 21:1
Ek sien toe ’n splinternuwe hemel en aarde. Die aarde, soos ons dit ken, het verdwyn en die hemel, soos ons dit ken, was nie meer daar nie.
Verken Openbaring 21:1
8
Openbaring 21:2
Ek sien toe ook hoe God sy stad, die nuwe Jerusalem, uit die hemel laat afkom. Die stad was pragtig, soos ’n bruid wat haar vir haar bruidegom mooigemaak het.
Verken Openbaring 21:2
9
Openbaring 21:23-24
Daar was ook nie meer ’n son of maan nodig om lig te gee nie. Die grootheid en heerlikheid van God self het die stad verlig. Ja, die Lam was soos ’n helder lig in die stad. Al die mense van die wêreld sal in die lig kan kom leef. Die leiers en heersers van die wêreld sal kom en so wys hoe groot en belangrik die stad regtig is.
Verken Openbaring 21:23-24
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's