1
1 KORINTIËRS 13:4-5
Afrikaans 1983
Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.
Vergelyk
Verken 1 KORINTIËRS 13:4-5
2
1 KORINTIËRS 13:7
Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
Verken 1 KORINTIËRS 13:7
3
1 KORINTIËRS 13:6
Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid.
Verken 1 KORINTIËRS 13:6
4
1 KORINTIËRS 13:13
En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!
Verken 1 KORINTIËRS 13:13
5
1 KORINTIËRS 13:8
Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak.
Verken 1 KORINTIËRS 13:8
6
1 KORINTIËRS 13:1
Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword.
Verken 1 KORINTIËRS 13:1
7
1 KORINTIËRS 13:2
Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.
Verken 1 KORINTIËRS 13:2
8
1 KORINTIËRS 13:3
Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.
Verken 1 KORINTIËRS 13:3
9
1 KORINTIËRS 13:11
Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind. Maar noudat ek 'n man is, is ek klaar met die dinge van 'n kind.
Verken 1 KORINTIËRS 13:11
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's