Maar hulle, ons voorvaders, was vermetel,
hulle koppe was hard,
hulle het nie u gebooie gehoorsaam nie.
Hulle het geweier om te luister,
hulle het nie die wonderdade onthou
wat U vir hulle gedoen het nie.
Hulle koppe was hard,
hulle het in verset gekom
en wou in hulle koppigheid terug na hulle slawerny.