KOLOSSENSE 3:18-21

KOLOSSENSE 3:18-21 NLV

Vroue, wees aan julle mans onderdanig soos dit pas by mense wat met Christus één is. Mans, julle moet julle vroue liefhê en julle moenie griewe teenoor hulle opbou nie. Kinders, julle moet in elke opsig aan julle ouers gehoorsaam wees, want dan is die Here tevrede. Ouers, moenie aanhou foutvind met julle kinders sodat hulle moed verloor nie.