Kolossense 3:18-21

Kolossense 3:18-21 DB

Vroue, erken die gesag wat mans in die gesin dra. Die Here verwag dit. Mans, wees lojaal en liefdevol teenoor vroue. Moenie geïrriteerd raak met hulle nie. Kinders, luister na wat julle ouers sê. Daarvan hou die Here. Pa’s, moenie te veel druk op julle kinders sit nie. Netnou verloor hulle moed omdat hulle voel dat julle nooit tevrede is nie.