EKSODUS 10:13-14

EKSODUS 10:13-14 NLV

Moses het sy stok oor Egipte uitgesteek. Die HERE het die hele dag en ook deur die nag ’n oostewind laat waai. Toe dit oggend word, het die wind die sprinkane begin aanbring. Die sprinkane het op die hele Egipte toegesak. Deur die hele land was dit net sprinkane. Nog nooit in Egipte se geskiedenis is so baie sprinkane gesien nie, ook nooit weer daarna nie.