Eksodus 10:13-14

Eksodus 10:13-14 AFR20

Moses het toe sy staf oor Egipteland uitgesteek, en die HERE het 'n oostewind daardie hele dag en die hele nag oor die land laat waai. Toe dit môre word, het die oostewind die treksprinkane gebring. Die treksprinkane het oor die hele Egipteland gekom en in elke streek van Egipte neergestryk. Daar was geweldig baie. Voorheen was daar nog nie 'n sprinkaanswerm soos dié een nie, en daarna sou daar nie weer so iets wees nie.