JOB 24:22-24

JOB 24:22-24 NLV

God sleep die sterkes weg deur sy mag. Al is hulle gevestig, hulle het geen sekerheid in die lewe nie. God laat hulle miskien veilig woon, maar Hy hou hulle altyd goed dop. Al word hulle vir ’n tydjie baie belangrik, hulle sal almal vergaan. Soos al die ander mense word hulle bymekaargemaak en soos koring afgesny.