LEVITIKUS 23:10-14

LEVITIKUS 23:10-14 NLV

om die volgende instruksies vir die Israeliete te gee: “Wanneer julle in die land bly wat Ek aan julle gee, en julle samel die eerste oes in, bring vir die priester die eerste gerf van die graanoes. Die priester sal dit op die dag ná die Sabbat in die teenwoordigheid van die HERE oplig sodat dit ter wille van julle aanvaar kan word. Dieselfde dag moet julle ’n jaaroud skaapram sonder enige liggaamsgebrek as ’n brandoffer vir die HERE bring. Dit moet saam met ’n graanoffer gebring word. Dit sal bestaan uit drie kilogram meel gemeng met olyfolie. Dit is ’n vuuroffer vir die HERE en baie aangenaam vir Hom. Saam met die offer moet julle ook een liter wyn as ’n drankoffer offer. Op dié dag mag julle nie brood of geroosterde of rou graan eet voordat julle eers die offer vir julle God gebring het nie. Dit is ’n permanente reëling vir julle en moet nagekom word waar julle ook al woon.”