Geskille tussen baie volke sal Hy oplos. Van hulle swaarde sal nasies ploegskare maak en van hulle spiese, snoeiskêre. Oorloë sal ophou en ook militêre opleiding. Almal sal rustig woon terwyl hulle vrede en voorspoed geniet. Hulle sal nie enige rede hê om bang te wees nie. Dit is ’n belofte van die HERE, die Almagtige! Elke nasie kan sy vertroue stel in hulle gode, maar ons sal vir altyd ons vertroue stel op die HERE ons God. Die HERE sê: “In die tye wat kom, gaan Ek my mense bymekaarmaak. Dit sluit in die kreupeles wat in ballingskap is en dié wat Ek met rampe getref het. Hulle is verswak en ver van hulle huise af, maar Ek sal hulle weer ’n sterk en magtige nasie maak. Ek, die HERE, sal hulle Koning wees. Ek sal vir ewig in Jerusalem oor hulle regeer. Jerusalem, veilige vesting vir God se mense, Ek sal jou mag herstel. Jerusalem sal weer soos vroeër die stad wees waar die koning regeer.” Maar waarom skreeu jy nou so benoud? Het jy dan nie ’n koning nie? Het jou raadgewers verdwyn? Angs het jou vasgegryp, soos ’n vrou wat in kraam is. Mense van Jerusalem, ervaar pyn en benoudheid soos ’n vrou in kraam! Julle sal die stad moet verlaat om op die oop velde te bly. Julle gaan binnekort in ballingskap na Babel toe geneem word. Maar die HERE sal julle daar red. Hy sal julle verlos uit die mag van julle vyande. Baie volke het hulle kragte teen jou saamgespan. Hulle soek jou bloed en is gretig om die ondergang van Jerusalem te aanskou. Maar hulle weet nie hoe die HERE dink nie en verstaan nie sy planne nie. Hy gaan hulle bymekaarmaak soos gerwe op die dorsvloer. Die HERE sê vir Jerusalem: “Maak jou gereed en vernietig die nasies! Ek sal vir jou ysterhorings en koperhoewe gee sodat jy baie nasies kan vertrap. Gee al die rykdom wat jy so bekom as offers aan My. Ek is die HERE van die hele wêreld.”
Lees MIGA 4
Luister na MIGA 4
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: MIGA 4:3-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's