1 Korinthiërs 10:23-31

1 Korinthiërs 10:23-31 AFR20

“Alles is geoorloof” – ja, maar nie alles is nuttig nie. “Alles is geoorloof” – ja, maar nie alles is opbouend nie. Niemand moet sy eie belang soek nie, maar dié van ander. Enigiets wat op die vleismark verkoop word, mag julle eet, sonder om vrae te stel ter wille van die gewete, want “die aarde en die volheid daarvan behoort aan die Here”. Indien een van die ongelowiges julle nooi, en julle wil gaan, eet enigiets wat vir julle voorgesit word, sonder om vrae te stel ter wille van die gewete. Maar as iemand vir julle sê: “Dit is 'n gode-offer dié,” moet julle dit nie eet nie, ter wille van die een wat julle ingelig het, en die gewete. Hiermee bedoel ek nie jou gewete nie, maar dié van die ander. Waarom word my vryheid dan beoordeel deur 'n ander se gewete? As ek met dankbaarheid saam eet, waarom word ek belaster oor iets waarvoor ek dank? Of julle dan eet of drink of enigiets anders doen, doen alles tot eer van God.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Korinthiërs 10:23-31