Esegiël 4:4-5

Esegiël 4:4-5 AFR20

“En jy, gaan lê op jou linkersy, en plaas so die sondeskuld van die huis van Israel op jou sy. Soveel dae as wat jy op jou sy lê, soveel dae sal jy hulle sondeskuld dra. En Ek, Ek het vir jou die aantal jare van hulle sondeskuld 'n getal dae gemaak – driehonderd-en-negentig dae lank moet jy die sondeskuld van die huis van Israel dra.