Jeremia 40:3-4

Jeremia 40:3-4 AFR20

en die HERE het dit laat gebeur en gedoen soos Hy gesê het. Omdat julle teen die HERE gesondig het en nie na sy stem geluister het nie, het hierdie dinge met julle gebeur. En nou, kyk, ek bevry jou vandag van die handboeie wat aan jou hande is. As jy dit goedvind om saam met my na Babel te gaan, kom dan! Ek sal my oog oor jou hou. Maar as jy dit nie goedvind om saam met my na Babel te gaan nie, laat dit daarby! Kyk, die hele land lê oop voor jou – waar jy dit ook al goed en reg vind om heen te gaan, gaan daarheen!”