Joël 2:12-14
Joël 2:12-14 AFR20
“Maar selfs nou, keer terug na My met julle hele hart, vas en huil en rou,” is die uitspraak van die Here. Skeur julle harte, en nie julle klere nie, draai om na die Here julle God; want Hy is genadig en barmhartig, geduldig en oorvloedig in troue liefde, Hy het berou oor die onheil wat Hy bring. Wie weet, dalk draai Hy om, het berou, en laat 'n seëning agter Hom oorbly – 'n •graanoffer en 'n •drankoffer vir die Here julle God.




