Levitikus 23:10-14

Levitikus 23:10-14 CAB23

Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Wanneer julle in die land inkom wat Ek aan julle gee, en die oes daarvan afoes, moet julle 'n gerf van die eerstelinge van julle oes na die priester bring. En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg om vir julle welgevallig te wees; die môre ná die sabbat moet die priester dit beweeg. En op die dag as julle die gerf beweeg, moet julle 'n jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer aan die HERE berei. En sy spysoffer moet twee tiendes fynmeel gemeng met olie wees, 'n vuuroffer aan die HERE as lieflike geur; en sy drankoffer moet wyn wees, 'n vierde van 'n hin. En julle mag geen brood of gebraaide koring of groen are eet nie, tot op dieselfde dag dat julle 'n offer aan julle God bring; dit moet 'n ewige insetting wees vir julle geslagte in al julle woonplekke.