1 Samuel 21:12-13

1 Samuel 21:12-13 DB

Toe Dawid agterkom wat hulle sê, het hy baie bang geword vir koning Akis van Gat. Hy het toe voor hulle gemaak of hy mal is. Toe hulle hom vang, het hy hom stapelgek gehou: hy het met sy naels aan die deure by die dorp se ingang gekrap en die spoeg het oor sy baard geloop.