2 Tessalonisense 2:5-8

2 Tessalonisense 2:5-8 DB

Het julle dan al hierdie dinge vergeet? Ek het dit so mooi vir julle verduidelik toe ek daar by julle was. Hierdie goddelose mens is nog nie op die toneel nie. Hy word nog teruggehou. Ek het ’n hele paar keer vir julle vertel wie dit is wat hom keer om nou al sy verskyning te maak, want die tyd is nog nie reg vir sy koms nie. Maar moenie dink alles is rustig en veilig nie. Agter die skerms is die bose magte hard aan die werk. Hulle wag net vir die oomblik wanneer die een wat die goddelose figuur terughou, self van die toneel verdwyn. Dan sal daardie goddelose mens sy opwagting maak. Natuurlik sal die Here Jesus persoonlik met hom afreken. Wanneer Hy terugkom na die wêreld toe, sal Hy hierdie goddelose figuur met een asemteug wegblaas. Sy glans en glorie is genoeg om hierdie wettelose mens in ’n oogwink te vernietig.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 Tessalonisense 2:5-8