2 TESSALONISENSE 2:5-8

2 TESSALONISENSE 2:5-8 AFR83

Onthou julle nie dat ek dit herhaaldelik vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie? En julle weet nou wat hom nog teëhou, sodat hy eers as dit sy tyd is, sy verskyning sal maak. Die geheime krag van die wetteloosheid is al aan die werk, maar die een wat die wettelose teëhou, moet eers uit die weg wees, en dan sal die wettelose self op die toneel verskyn. Maar wanneer die Here Jesus kom, sal Hy hom met die asem uit sy mond verdelg en deur die glans van sy verskyning vernietig.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 TESSALONISENSE 2:5-8