Jeremia 9:1-2

Jeremia 9:1-2 DB

Verder het Jeremia gesê: “Ag, ek wens my kop was soos ’n put wat vol water is en my oë soos ’n fontein vol trane. As dit maar so kon wees, sou ek dag en nag gehuil het oor al my mense wat doodgemaak is.Ek wens ek het ’n hut in die woestyn gehad. Wat sou ek nie gee om net daarheen te ontsnap en my mense agter te laat nie. Die mense van my volk is almal ontrou in hulle verhoudings. Hulle is ’n klomp verraaiers.”