Openbaring 11:4-5

Openbaring 11:4-5 DB

Hulle kan vergelyk word met twee olyfbome en twee kandelare. Die olyfbome gee die olie sodat die kandelare altyd kan brand: dit laat ’n mens dink aan hoe die Gees werk. Hulle staan voor God wat oor die hele aarde heers. As iemand hulle probeer seermaak of benadeel, kom daar vuur uit hulle monde uit. Die vuur verskroei natuurlik al wat vyand is, net soos in Elia se tyd. So word hulle vyande vernietig.