Daar is mense wat sê: “Alles is geoorloof.” Ja, maar nie alles is heilsaam nie. “Alles is geoorloof,” sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie. 'n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander. Alles wat in 'n slaghuis verkoop word, kan julle eet sonder om ter wille van die gewete navraag te doen, “want die aarde met alles wat daarop is, behoort aan die Here.” As 'n ongelowige julle uitnooi en julle besluit om te gaan, kan julle alles eet wat vir julle voorgesit word, sonder om ter wille van die gewete navraag te doen. Maar as iemand vir julle sê: “Die vleis is 'n afgodsoffer,” moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit gesê het en ter wille van die gewete. Ek bedoel nou nie jou eie gewete nie, maar dié van die ander man. “Waarom,” sou jy vra, “moet my vryheid beperk word deur 'n ander man se gewete? As ek iets met danksegging geniet, waarom word daar van my kwaadgepraat oor iets waarvoor ek God dank?” Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.
Lees 1 KORINTIËRS 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 KORINTIËRS 10:23-31
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's