JOB 24:22-24

JOB 24:22-24 AFR83

Maar God onderwerp die sterkes deur sy mag; as Hy optree, het hulle geen sekerheid meer in die lewe nie. Hy gee miskien vir hulle 'n gevoel van sekerheid waarop hulle kan steun, maar Hy hou dop wat hulle doen. Net 'n kort tydjie is hulle belangrik, dan is daar niks van hulle oor nie, hulle stort inmekaar en sterf soos almal, hulle word soos koringare afgesny.