DEUTERONOMIUM 34:9
DEUTERONOMIUM 34:9 Bybel vir almal (ABA)
Josua seun van Nun het baie wysheid gehad, want voordat Moses gesterf het, het hy sy hande op Josua gesit en hy het Josua die leier gemaak. Die Israeliete het geluister na Josua en hulle het alles gedoen wat die Here vir Moses gesê het.
DEUTERONOMIUM 34:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Josua, die seun van Nun, was vol van die Gees van wysheid; want Moses het hom die hande opgelê. En die kinders van Israel het na hom geluister en gedoen soos die HERE Moses beveel het.
DEUTERONOMIUM 34:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Josua seun van Nun het oor wysheid beskik, want Moses het sy hande op Josua gelê. Die Israeliete het hom gehoorsaam en hulle het gedoen wat die Here vir Moses beveel het.
DEUTERONOMIUM 34:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Josua, die seun van Nun, was vervul met 'n gees van wysheid, omdat Moses sy hande op hom gelê het. Die Israeliete het na hom geluister, soos die HERE Moses beveel het.
DEUTERONOMIUM 34:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Josua, die seun van Nun, was vol van die gees van wysheid; want Moses het hom die hande opgelê; en die kinders van Israel het na hom geluister en gedoen soos die HERE Moses beveel het.