RIGTERS 7:3
RIGTERS 7:3 Bybel vir almal (ABA)
Daarom, jy moet hulle roep en sê elkeen wat bang voel, kan teruggaan huis toe.” Gideon het die manne bymekaargeroep en hy het dit vir hulle gesê. Toe het 22 000 manne teruggegaan huis toe. Daar het 10 000 manne oorgebly.
RIGTERS 7:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy moet vir die manskappe sê dié wat bewe en bang is, moet omdraai en van Gileadberg af padgee. Al die manskappe moet dit kan hoor.” Twee en twintig duisend man het toe van die leër af padgegee en tien duisend het oorgebly.
RIGTERS 7:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Roep dan nou tog uit voor die ore van die manskappe en sê: Die wat bang is en bewe, kan teruggaan en wegdraai van die gebergte van Gílead af. Toe het daar van die manskappe twee-en-twintigduisend omgedraai, en tienduisend het oorgebly.
RIGTERS 7:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kondig dan nou aan, ten aanhore van die manskappe, ‘Wie ook al bang en aan die bewe is, kan omdraai en wegvlug van die berg Gilead. ’ ” Van die manskappe het daar toe twee-en-twintigduisend omgedraai, en tienduisend het oorgebly.
RIGTERS 7:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Gaan dan nou, roep uit voor die ore van die volk en sê: Elkeen wat bang en bevrees is, laat hom terugkom en vroeg van die berg Gílead af vertrek. En daar het uit die manskappe teruggekom twee en twintig duisend; en daar het tienduisend oorgebly.