PSALMS 30:3-4 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
PSALMS 30:3-4 AFR83 (Afrikaans 1983)
Here my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak. Here, U het my gered van die doderyk, my aan die lewe gehou toe ek al op pad was na die dood toe.
PSALMS 30:3-4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak. HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.
PSALMS 30:3-4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
HERE my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak. HERE, U het my gered van die doderyk, U het verhoed dat ek saam met ander wegsak in die graf.
PSALMS 30:3-4 DB (Die Boodskap)
Here, my God, ek het gebid dat U my moet help. Toe het U my gesond gemaak. Here, U het my uit die dood teruggeruk na die lewe toe. Ek het nie doodgegaan nie. U het my weer lewendig gemaak.
PSALMS 30:3-4 ABA (Bybel vir almal)
My God die Here, ek het tot U geroep en gevra dat U my moet help, en U het my gesond gemaak. Here, U het my laat uitkom uit die doderyk, ek was naby die dood, maar U het my weer laat lewe.
PSALMS 30:3-4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
HERE my God, ek het na U om hulp geroep en U het my gesond gemaak. HERE, U het my lewe uit die •doderyk laat opkom; U het my lewend gehou tussen dié wat afdaal in die put.
PSALMS 30:3-4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
O HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my in die lewe gehou, dat ek nie in die kuil sou afdaal nie. Sing tot eer van die HERE, o sy heiliges, en loof tot eer van sy heiligheid.