OnverwagsVoorbeeld

Unexpected

DAG 13 VAN 14

Ek het geleer dat elke seisoen van verandering — om aan te pas by die onverwagse — 'n geleentheid is om meer van ons beheer te verloor en meer op God te vertrou. Dit is maklik om te glo dat die plan wat ons vir ons lewens gemaak het die regte een is en dit dan ongestoord na te jaag. Maar dit is so belangrik om Hom te vertrou, selfs wanneer ons eerlikwaar nie wil nie. Dit versterk ons harte en hou ons op 'n plek waar ons met verwagting leef dat die onverwagse kan gebeur. Om al die goeie te verwag wat God vir ons het in elke ervaring. Om gewillig te wees om iets nuuts te waag. Om te lewe met 'n gelowige perspektief, wat God ten volle vertrou, ongeag wat gebeur.

Geloof glo die waarheid van God se Woord oor die feite van ons omstandighede, fokus nie meer op hoeveel jare verloop het nie, wat nie gewerk het nie en wat onmoontlik voel nie. Dit is waar ons soos koning Dawid moet optree toe hy net 'n seun was en die reus Goliat met net 'n slinger en vyf gladde klippe doodgemaak het. 

Goliat het slegs met feite tot die stryd getree: "Toe hy vir Dawid sien, het die Filistyn hom met minagting aangekyk omdat hy jonk was, met 'n rooi gelaatskleur en 'n mooi voorkoms. Hy sê toe vir Dawid: 'Is ek 'n hond dat jy met kieries na my toe kom?' Hy het Dawid vervloek in die naam van sy gode. 'Kom 'n bietjie hier dat ek jou vleis vir die roofvoëls en vir die wilde diere kan gee.'"(1 Samuel 17:42-44).

Maar Dawid het opgedaag met die waarheid: "Jý kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het. Vandag sal die Here jou in my mag oorgee sodat ek jou kan verslaan en jou kop van jou lyf afkap. Dan sal ek vandag nog die lyke van die Filistynse laer vir die roofvoëls en vir die wilde diere gee, sodat die hele wêreld kan besef dat Israel 'n God het."(1 Samuel 17:45-46)

Dawid was hoopvol, en het die reus verslaan omdat hy die Woord van die Here geglo het eerder as die intimiderende bespotting van Goliat. Hy het besef wat God wil hê ons moet verstaan: die feite kan verander, maar die waarheid nooit. Die waarheid alleen het die mag om ons te help om van hopeloos na hoopvol te beweeg en getrou en vol geloof te lewe.

Aangepas uit "Unexpected: Leave Fear Behind, Move Forward in Faith, Embrace the Adventure" deur Christine Caine. Kopiereg © 2018 deur Christine Caine. Herdruk met toestemming van Zondervan Uitgewers. Alle regte voorbehou.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Unexpected

Dit is tyd om vrees agter te laat, vorentoe te beweeg in geloof en om die avontuur aan te gryp. Deur hierdie 14-dae leesplan sal jy jou geloof in 'n goeie God versterk en leer om in die vreugdevolle vryheid van volkome vertroue in Hom te leef, selfs in onverwagte omstandighede. 

More

Ons bedank graag Christine Caine vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.christinecaine.com/unexpected

Verwante Leesplanne