OnverwagsVoorbeeld

Unexpected

DAG 8 VAN 14

Wanneer die lewe nie na ons sin gaan nie - wat gereeld gebeur, en wanneer ons verwagtinge tot groot teleurstelling lei, weet ons nie altyd hoe om ons vertroue in God te herstel nie. Teleurstelling is daardie neerslagtige gevoel waar ons emosies negatief is en ons geloof verloor. Dit is 'n kragtige, vernietigende krag wat ons kan laat stilstaan in 'n oomblik wat ons dan gebruik om toekomstige ervarings mee te filtreer en dan selfs verbeur. Dit is 'n krag wat ons in die gesig moet staar en oorkom om 'n lewe vol geloof te leef, wat die onverwagse aangryp.

Jesus is altyd by ons in ons teleurstelling. In ons hartseer. Hy lei ons om weer verwonderd te staan. Hy lei ons na iets beter. Hy is die Een wat ons help om te onthou dat, hoewel dit met ons gebeur het, dit nie beteken dat dit oor ons gaan nie. Hy wil hê ons moet weet dat teleurstelling 'n plek is waardeur ons gaan, nooit 'n plek waar ons bly nie.

Wanneer teleurstellings herhaaldelik gebeur, kan ons harte siek word en ons gedagtes kan donker word. Dit is wanneer die vyand kan kom en ons laaste bietjie hoop steel. Dit is wanneer twyfel en ongeloof meer kan word as ons geloof.

Om vas te hou aan ons geloof — selfs in die aangesig van diepe teleurstelling - is krities. Dit is dan juis noodsaaklik dat ons meer in God se beloftes glo as ons teleurstellings. Dis hoekom God wil hê ons moet glo en verstaan ​​dat sy beloftes nie vervaldatums het nie. Hulle is nie soos paspoorte of gimnasium-lidmaatskap nie. Hulle is nie soos die groente in die yskas of die kos in die spens nie. Ons Hemelse Vader het vir ons 'n boek vol van sy beloftes gegee, wat geen vervaldatums het nie en Hy sal altyd sy beloftes nakom. 

Om sy Woord te bestudeer en dit in ons harte te bêre, bring lewe. Wanneer ons Hom aanbid laat ons die Heilige Gees toe om ons aan te moedig en te genees, sodat ons weer kan vertrou. Wanneer ons leer hoe om ons perspektief te verander, soos dit hier verduidelik word, help dit ons om van ons vrees vir die onverwagae ontslae te raak en op God te vertrou. 

Aangepas uit "Unexpected: Leave Fear Behind, Move Forward in Faith, Embrace the Adventure" deur Christine Caine. Kopiereg © 2018 deur Christine Caine. Herdruk met toestemming van Zondervan Uitgewers. Alle regte voorbehou.

Aangaande hierdie leesplan

Unexpected

Dit is tyd om vrees agter te laat, vorentoe te beweeg in geloof en om die avontuur aan te gryp. Deur hierdie 14-dae leesplan sal jy jou geloof in 'n goeie God versterk en leer om in die vreugdevolle vryheid van volkome vertroue in Hom te leef, selfs in onverwagte omstandighede. 

More

Ons bedank graag Christine Caine vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.christinecaine.com/unexpected