Die Groot Storie deur Schalk Holloway, Tienie van Wyngaard en Werner StraussVoorbeeld

Die Groot Storie deur Schalk Holloway, Tienie van Wyngaard en Werner Strauss

DAG 3 VAN 5

Bybelhulpbronne

Is dit werklik nodig om Bybel te lees om geestelik te groei? Wel, dit is eintlik die verkeerde vraag. Die beter vraag is: “Wat sal my help om die meeste geestelik te groei?” Geestelike groei is ’n samewerking tussen God en onsself. Hy bring die groei, maar daar is ’n paar dinge wat ons kan doen om dit aan te help. Voorbeelde hiervan is om kerk toe te gaan, deel van ’n kleingroep te wees, ander te dien, te getuig van Jesus, om te bid, ensovoorts. Die Bybel help egter geweldig met geestelike groei. Wat die Bybel veral belangrik maak in ons geestelike groei, is dat dit vir ons wys wat goed en reg is, en wat vals is. Die Bybel is ons maatstaf waaraan ons al die ander dinge wat ons ervaar, kan meet. Is dit werklik van God af? Is dit goed? Is dit waar? ’n Mens kan sê dat die Bybel vir ons ’n raamwerk bied waarbinne ons geestelik kan groei en ons groei mee kan beoordeel.

Die lekker ding van die tyd waarin ons leef, is dat daar allerhande hulpbronne is wat ons kan help met ons Bybellees en geestelike groei. Hier is ’n paar goeie opsies:

· GLO BIBLE – ’n App met duisende video’s, foto’s, aanlyntoere en meer.

· The Bible Project – ’n YouTube-kanaal met uitstekende verduidelikings van Bybelboeke en -temas.

· e-sword – ’n Uitstekende rekenaarprogram (dis ook ’n app) wat jou help om te soek en gedeeltes op te spoor. Dit bevat ook talle Bybelvertalings, kommentare en ander eienskappe.

Nadenke:

1. Sou jy sê jy waardeer jou Bybel? Hoekom of hoekom nie?

2. Wat interesseer jou die meeste in die Bybel?

3. Wat is jou plan om Bybel te lees en geestelik te groei? Wat kan jou verhinder om dit te doen? Wie of wat kan jou help om jou plan uit te voer?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Die Groot Storie deur Schalk Holloway, Tienie van Wyngaard en Werner Strauss

God se Woord is ons lewensbrood, maar vir die jonger geslag kan dit uitdagend wees om die Bybel te bestudeer. Elke dag van hierdie 5-dag-leesplan bevat gedagtes rondom die Bybel, maar met ’n vars, moderne aanslag, en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Schalk Holloway, Tienie van Wyngaard en Werner Strauss se “Die groot storie”.

More

Ons wil graag Struik Christian Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.struikchristianmedia.co.za