Die Groot Storie deur Schalk Holloway, Tienie van Wyngaard en Werner StraussVoorbeeld

Die Groot Storie deur Schalk Holloway, Tienie van Wyngaard en Werner Strauss

DAG 4 VAN 5

Basiese wenke oor die Bybel

Daar is ongekende dieptes aan die Bybel en geen mens sal alles van die Bybel kan insien nie. Ons almal stoei en groei lewenslank in die waarhede van die Bybel. Baie keer is daar ’n waarheid in die Bybel wat ’n mens bloot nog net nie “gereed” is om raak te sien nie, maar namate jy geestelik groei, verander jou interpretasie en opinie.

Ons wil egter vir jou net ’n paar basiese wenke gee om jou op koers te hou wanneer dit kom by die regte interpretasie van die Bybel.

· Die Bybel is waar. Die geskiedenis in die Bybel is akkuraat, waarvan die Bybel getuig, is waar en wat die Bybel ons leer, is goed. Die Bybel is nie bloot mense se siening oor God en gebeure nie. Dit is nie bloot nog ’n wysheidsboek nie. Die Bybel is deur God se Gees self geïnspireer en gevorm om vir ons ’n riglyn en maatstaf te wees.

· Onthou die groot storie. Die Bybel gaan oor God se groot plan vir die redding van die mens. Wat ons in die Bybel lees, het dus op een of ander manier te doen met die storie van God wat die mens deur Jesus red. Die Bybel wys ons op die geskiedenis van die reddingstorie, of op die noodsaaklikheid om Jesus te ken, of op die voorspelling van sy koms, of leer ons wat dit vir ons beteken en inhou.

· Onthou om te lees wat daar staan en nie wat jy dink daar staan nie. Dit klink nou snaaks, maar dikwels “ken” ons ’n storie of het ons klaar ’n opinie gevorm, en dan lees ons wat ons dink daar staan. Lees mooi wat daar rêrig staan, selfs al strook dit nie met jou idee nie.

· Weet wat die konteks is. Dit beteken jy moet ’n gedeelte verstaan binne die groter gedeelte waarin dit geskryf is. Dit help baie keer ook om die gedeeltes net voor en ná die stuk waarmee jy besig is, te lees.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Die Groot Storie deur Schalk Holloway, Tienie van Wyngaard en Werner Strauss

God se Woord is ons lewensbrood, maar vir die jonger geslag kan dit uitdagend wees om die Bybel te bestudeer. Elke dag van hierdie 5-dag-leesplan bevat gedagtes rondom die Bybel, maar met ’n vars, moderne aanslag, en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Schalk Holloway, Tienie van Wyngaard en Werner Strauss se “Die groot storie”.

More

Ons wil graag Struik Christian Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.struikchristianmedia.co.za