Advent: Die Reis Tot By KersfeesVoorbeeld

Advent: The Journey to Christmas

DAG 6 VAN 25

Die Koning Bo Alle Konings 

Psalm 72 begin met Dawid wat bid dat sy seun, Salomo, 'n magtige koning van die volk Israel sal word. Soos die psalmdigter voortgaan, begin Dawid om te droom van die volmaakte Koning, en profeteer wat waar sou word met Jesus se koninkryk. Meer as 950 jaar voor Jesus se geboorte, het Dawid al die ewige koninkryk van die Koning van konings gesien. Hierdie Koning sou bekend wees vir sy deernis en redding van dié wat behoeftig en verward is. Hy sou onderdrukking en geweld oorwin en dit sou opvallend wees dat sy mense vir Hom kosbaar is. Om hierdie redes het Dawid verklaar dat alle konings voor Hom sou buig en alle nasies Hom sou dien.

Dawid het die diepe ontferming en sorg vir God se volk herken, asook die ewige stryd om onderdrukking te beveg. Dit is die tekens van 'n volmaakte Koning wie se morele oordeel en onbaatsugtigheid nooit enige gelyke sou hê nie. Die oomblik toe die Redder met Kersfees aarde toe kom, was dit ook die begin van die nalatenskap van die ewigheid se grootste Koning. Jesus sal aanhou regeer lank nadat die konings en koninkryke van die wêreld verdwyn het en ons sal vir ewig onder die beskerming van sy volmaakte liefde leef.

Gebed: Jesus, ek eer U as Koning van my lewe hier op aarde en tot in ewigheid! Ek kan nie wag om die reinheid van u leierskap te ervaar en te sien hoe die gebrokenheid van hierdie wêreld verdwyn nie. Dankie dat U na die aarde toe gekom en u reis saam met ons begin het. Ek is so dankbaar dat U opreg omgee vir my en dat U, my Koning, my altyd sal verdedig. Ek het U lief en onderwerp myself aan u volmaakte wil.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Advent: The Journey to Christmas

Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om die wêreld van sonde te red en die belofte van die geboorte van sy Seun te vervul.

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.churchofthehighlands.com/