Advent: Die Reis Tot By KersfeesVoorbeeld

Advent: The Journey to Christmas

DAG 25 VAN 25

Die Lig Het Gekom

Kersfees is hier! Dit is tyd om die geboorte van ons Redder, Jesus Christus te vier — die Lig van die wêreld!

Met die Skepping in Genesis, het God gepraat en onmiddellik is lig van duisternis geskei. Nie lank daarna nie, het Adam en Eva gekies om te sondig, en God se teenwoordigheid, sy lig, het wegbeweeg van die mens af. Op daardie oomblik moes die verhaal van redding geskryf word: Die behoefte aan lig om in die donker te skyn was nie net vir dag en nag nie, maar vir lewe en dood. God se grootste begeerte was om 'n verhouding met ons te hê, dus het Hy 'n Lig gestuur om ons vanuit die donkerte terug na Hom te lei.

Dit is Kersfees: "Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe!"

God se enigste Seun is gebore sodat ons, deur die vergifnis van sonde, met Hom versoen kon word. Die skeiding wat ons in die duisternis gehou het, is deur Jesus se lig oorkom. Jesus het gesê: "Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee."

Dit maak nie saak waar jy jouself vandag bevind of wat jy gedoen het nie, die Redder van die wêreld het gekom! Vir JOU! Laat toe dat sy lig op al die donker plekke in jou lewe skyn en herstel wat in duisternis verloor is. Die Lig is hier en Hy het verklaar dat jy nooit weer in duisternis sal wandel nie. Ontvang sy liefde en beleef Kersfees soos nog nooit tevore nie!

Gebed: Dankie Vader dat U van die begin van alle tye 'n nuwe pad voorberei het sodat ons weer naby U kan wees. Dankie dat U u Seun gestuur het om gebore te word en te sterf, sodat ek kan lewe! Wanneer ek vandag Kersfees vier, help my om 'n diepe waardering te hê vir u liefde vir my en die Lig wat U in my lewe gebring het. Ek prys U dat U dit vir my moontlik gemaak het om nooit weer in duisternis te wandel nie! 

Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

Advent: The Journey to Christmas

Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om die wêreld van sonde te red en die belofte van die geboorte van sy Seun te vervul.

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.churchofthehighlands.com/