Advent: Die Reis Tot By KersfeesVoorbeeld

Advent: The Journey to Christmas

DAG 19 VAN 25

Geloof Sonder Huiwering

Dink terug aan 'n keer toe jy van God gehoor het, of dit nou 'n belofte, bevestiging of oortuiging was. Wat was jou onmiddellike reaksie? Het jy tot aksie oorgegaan of het jy sit en wonder of dit regtig sy stem was? Miskien was jy seker dat dit Hy was wat met jou gepraat het, maar jy was nogtans huiwerig. (Vrywaring: Dis in orde — ons almal het dit al gedoen!)

Lukas 2 vertel ons toe die skaapwagters van Jesus se geboorte gehoor het, het hulle Hom dadelik gaan soek. Dit het groot geloof gekos! Hulle wou Jesus natuurlik self ontmoet, maar hulle het ook aardse bekommernisse gehad. Wat moes hulle met die trop skape doen? Moet hulle eers vir hulle families die nuus gaan vertel? Was hulle reg aangetrek? Was eenvoudige skaapwagters regtig waardig om die Koning van die konings te ontmoet? Hulle het nie toegelaat dat enige van die vrae wat ons in dieselfde omstandighede sou vra, hulle daarvan weerhou om dadelik op God se stem te reageer nie.

Wanneer ons Jesus volg moet ons so 'n tipe geloof hê. Wanneer ons huiwer as ons God se stem hoor, skep dit ongeloof, vrees en onsekerheid — en nie een van hierdie dinge kom van Hom af nie. Wanneer jy 'n spesifieke woord van God af kry, vertrou sy leiding. Hy sal jou bekwaam maak om te doen wat jy moet doen. Al wat jy moet doen, is om te reageer. Besluit vandag by voorbaat dat jy sal beweeg as God sê: "beweeg", wat ook al gebeur!

Gebed: Vader, dankie vir u geduld met my. Vergewe my vir die kere toe ek huiwerig was om u stem te gehoorsaam. Ek wil u plan vir my lewe volg. Versterk my geloof en help my om vinnig te reageer wanneer ek van U hoor.

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Advent: The Journey to Christmas

Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om die wêreld van sonde te red en die belofte van die geboorte van sy Seun te vervul.

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.churchofthehighlands.com/