Pa’s en seunsVoorbeeld
DIE APPEL VAL NIE VER VAN DIE BOOM NIE
As jy lae morele standaarde het, sal jou seun noodwendig soos jy word. As jy hoë standaarde handhaaf, sal jou seun ook hoë standaarde hê. Daarom is dit so belangrik dat jou woorde by jou dade sal pas, dat jy self sal leef soos jy van jou kinders vra om te leef. As jy dit doen, sal hulle nooit die pad byster raak nie.
Hier is ’n goeie voorbeeld om my punt te illustreer. Hoe dikwels het jy al gesien dat die seun van ’n voormalige kaptein van ’n nasionale sportspan ook later die kaptein van die nasionale span word, of ten minste ’n lid van die span. Hoekom? Want hy boots sy pa na.
Ek het al baie families ontmoet wat geslagte lank reeds boer. Die oupa, die pa en die kleinseun is boere. En so hou dit aan, want wanneer die seun groot word, sal hy daarna streef om soos sy pa te wees. As sy pa ’n goeie boer is, sal hy ’n goeie boer wees. As sy pa ’n slegte boer is, kan jy maar weet die seun sal ook ’n slegte boer wees.
Die belangrikste is dus: Wanneer ’n man ’n goeie lewensmaat vir sy vrou, en ’n goeie pa vir sy kinders is, sal sy seun soos hy wees wanneer hy groot is – ’n goeie man vir sy vrou en ’n goeie pa vir sy seun(s).
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God het pa’s gemaak om die priester, profeet en koning van die huis te wees, asook ’n voorbeeld vir hulle seuns. Angus Buchan moedig pa’s aan om die verhouding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koester, en terselfdertyd ook seuns om hul verhouding met hulle pa te koester. So word ’n belangrike gesinsband versterk, wat ’n groot impak het op die wyer samelewing.
More
Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Angus Buchan bedank vir die verskaffing van hierdie plan: https://www.cumbooks.co.za/