Handelinge Van BekeringVoorbeeld
God het Sy Seun na die aarde gestuur met slegs een doel voor oë: om ons nuwe lewe te gee. In Lukas 5:27-32 verwoord Jesus sy sending as volg: "Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering." Christus het gekom sodat sondaars, soos jy en ek, nuwe lewe kan ontvang deur ons bekering en Sy vergifnis afsmeek. Christus se sending is ook ons sending. Ons is geroep om nie vir die regverdige te leer nie, maar vir diegene wat verlore is en 'n behoefte het aan vergifnis. Indien jy opreg jou sonde bely het en God jou vir daardie sonde vergewe het, dan kan jy daardie verhaal aan almal verkondig wat bekering nodig het. Die verandering in jou lewe kan ook verandering in die lewe van 'n ander meebring. Wie ken jy wat nodig het om te bekeer en God se vergifnis te ontvang? Hoe kan jou verhaal van God se vergifnis iemand anders help om tot bekering te kom?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Bekering is die belangrikste besluit wat ons neem wanneer ons Christus aanneem as ons persoonlike Saligmaker. Bekering is ons aksie en vergifnis is die reaksie van God vanuit sy volmaakte liefde vir ons. Gedurende hierdie 5-dag leesplan sal jy 'n daaglikse Skrifgedeelte ontvang, saam met 'n kort toewyding wat ontwikkel is om jou beter te laat verstaan hoe belangrik jou wandel met God is.
More
We would like to thank LifeChurch.tv for providing this plan. For more information, please visit: www.lifechurch.tv