Ervaar God se HernuwingVoorbeeld
Die hart is die middelpunt van lewe. Dit is van binne hierdie interne orgaan dat ons fisiese lewe het. Sonder dit, is lewe net nie moontlik nie. Die hart is ook die middelpunt van geestelike lewe. Spreuke vertel vir ons dat ons ons harte moet bewaar omdat dit die fontein is van beide fisiese en geestelike lewe. Ons hart bepaal ons aksies en reflekteer of Christus die middelpunt van ons lewens is, of nie. Dit is hoekom dit belangrik is dat ons God vra om voortdurend ons harte te vernuwe. Neem vandag 'n inventaris van jou hart. Is jou hart waar dit moet wees of benodig jy God se vernuwing? Vra vir God om jou hart te vernuwe en besluit dat Hy die middelpunt van jou hart sal bly.
Aangaande hierdie leesplan
Om 'n nuwe skepping in Christus te wees beteken dat ons gedurig deur Hom vernuwe word. God vernuwe ons verstand, wil en liggaam. Hy vernuwe selfs ons doel. Gedurende hierdie 5-dag leesplan, sal jy dieper delf in wat God se Woord sê oor vernuwing. Jy sal elke dag 'n Bybelleestuk en 'n kort geestelike stukkie kry wat jou sal help om te reflekteer op die verskillende maniere waarop ons God se vernuwing kan ervaar.
More
We would like to thank LifeChurch.tv for providing this plan. For more information, please visit: www.lifechurch.tv