Ervaar God se HernuwingVoorbeeld
1 Korinthiërs 6:19-20 herinner ons vriendelik aangaande die belangrikheid om nie net wat binne is te vernuwe nie, maar ook wat aan die buitekant is. Dink vir 'n oombblik daaroor. Ons liggame is tempels van die Heilige Gees en moet as sulks hanteer word. Sal jy toelaat dat jou Kerkgebou verwaarloos en vervalle lyk? Natuurlik nie! As herstelwerk aan jou Kerk nodig is, moet jy dit doen sodat dit kan staan as 'n skeinende baken van Christus se liefde in jou gemeenskap. Daarom, behoort ons nie ons liggame op dieselfde manier te behandel en hulle voortdurend te vernuwe sodat hulle in staat is om God se doel vir ons lewens uit te voer nie? Op watter manier behoort ons ons liggame te vernuwe? Vernuwing kan verskillend lyk vir elkeen. Vir sommige mag dit die nodigheid van 'n bietjie meer oefening of beter dieet wees. Dit mag die behoefte aan fisiese genesing wees. Vir ander, mag dit wees om God toe te laat om jou van 'n vorige seksuele sonde te vernuwe. Vind uit waar jy vernuwing vir jou liggaam nodig het en laat God toe om Sy genesing in jou lewe te werk.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Om 'n nuwe skepping in Christus te wees beteken dat ons gedurig deur Hom vernuwe word. God vernuwe ons verstand, wil en liggaam. Hy vernuwe selfs ons doel. Gedurende hierdie 5-dag leesplan, sal jy dieper delf in wat God se Woord sê oor vernuwing. Jy sal elke dag 'n Bybelleestuk en 'n kort geestelike stukkie kry wat jou sal help om te reflekteer op die verskillende maniere waarop ons God se vernuwing kan ervaar.
More
We would like to thank LifeChurch.tv for providing this plan. For more information, please visit: www.lifechurch.tv