Woorde Maak SaakVoorbeeld

Woorde Maak Saak

DAG 24 VAN 29

Lees: Genesis 25:21, Jesaja 38:1-8, Daniël 10:12, Matteus 5:44, Handelinge 9:40, 1 Johannes 5:14

SOAP: Daniël 10:12 

Daniël 10 vertel van die gesprek tussen Daniël en ‘n engel. Tydens hierdie gesprek vertel die engel vir Daniël dat sy gebede verhoor is die oomblik toe dit uit sy mond gekom het. Let op hoe die engel sê dat hy daar was as gevolg van Daniël se woorde. Hy vertel hom ook, as jy die hele hoofstuk lees, dat dit as gevolg van geestelike opposisie was dat Daniël se gebede nie vroeër verhoor is nie.

Die kragtigste woorde wat ons kan sê, is ons gebede. Wanneer ons bid, nader ons tot die troon van genade. Wanneer ons bid, luister God en Hy reageer. Gebed moet deel wees van ons geestelike lewe – dit is die manier hoe ons met God kommunikeer.

Gebed is een manier om God te aanbid. Dit is hoe ons ons sonde bely en ons dank en versoeke aan God, die Almagtige, stel. Maar dit is ook, soos ons in Daniël 10 lees, die kragtigste wapen wat ons teen die planne van die duiwel het. Gebed het krag, nie as gevolg van ons nie, maar as gevolg van Wie die gebede ontvang. Ons mag nooit gebed onderskat nie.

Sommige mense bid slegs wanneer hulle gekonfronteer word met persoonlike probleme. Ander bid glad nie. Wat van jou? Bid jy? Bid jy slegs wanneer jy iets van God nodig het? Of bid jy om die seën van ‘n verhouding met jou Hemelse Vader te ervaar?

Dierbare Vader, ek loof U omdat U ons toelaat om met U te kommunikeer deur gebed. Nog voordat my woorde by my mond uit is, weet U dit reeds. Dankie dat U my gebede verhoor wat ek volgens U wil bid. In Jesus se naam, Amen. 

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Woorde Maak Saak

In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com