Woorde Maak SaakVoorbeeld

Woorde Maak Saak

DAG 27 VAN 29

Lees: Spreuke 12:6, Spreuke 31:8-9, Jesaja 1:17

SOAP: Spreuke 31:8-9

In hierdie wêreld is daar so baie dinge wat aangaan waaroor ons ons stemme moet laat hoor. Ons het ‘n jonger generasie wat afknouery by skole moet hanteer. Daar is mense in lande wat vervolg, gevang en dan doodgemaak word. Ons sien verhoudings wat afbrekend is, mense wat ander mense fisies en emosioneel mishandel en vernietig.

God wil hê dat Sy mense ‘n stem moet wees vir dié wat nie vir hulleself kan praat nie; Hy wil hê dat ons namens hulle ‘n advokaat moet wees. ‘n Advokaat wat sal opstaan en veg vir geregtigheid en wat die regte ding sal doen, selfs al is dit ongemaklik en ongeleë. Die Bybel sê: “Praat jý vir dié wat self nie hulle sê mag sê nie, kom op vir die reg van dié wat te gronde gaan; praat, en lewer regverdige uitsprake, laat reg geskied aan die armes en ellendiges.” – Spreuke 31:8-9. Dit is ons Christelike plig om te praat vir dié wat nie ‘n stem het nie. Ons kan nie onsself blind hou vir ongeregtighede nie. Ons kan nie stilbly wanneer ons sien hoe iemand ander mense se regte skend nie.

Edmund Burke sê: “Die enigste ding wat nodig is vir die bose om te triomfeer, is vir goeie mense om niks te doen nie.” As ons nie namens die mense praat wat nie ‘n stem het nie, dra ons by tot die verspreiding van die bose in hierdie wêreld.

Wie is daar wat jy ken wat jou stem nodig het? Hoe kan jy goed doen en onderdrukking probeer reg maak? Bid en dink aan maniere oor hoe jy kan uitreik na ander, namens hulle praat en hulle regte beskerm. Wees ‘n stem vir die wat stemloos is.

Ons Hemelse Vader, ek wil nie net sit en toekyk hoe mense om my seer kry, geboelie of hulle regte geskend word nie. Help my om ‘n stem te wees vir die wat nie hulself kan beskerm nie. In Jesus se naam, amen.

Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Woorde Maak Saak

In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com