Woorde Maak SaakVoorbeeld

Woorde Maak Saak

DAG 7 VAN 29

Lees: Jakobus 3:9-12

SOAP: Jakobus 3:9-10

My sewejarige seun is nogal ‘n karakter. Nou die dag vra hy my oudste seun hierdie vraag: “Is jy lief vir my?” Natuurlik het hy geweet my oudste seun sal hom terg en “Nee” antwoord. My jongste antwoord toe daarop: “Dan het jy mos nie vir God lief nie. Pa het nou die aand so gesê. As jy nie vir my, jou broer liefhet nie, kan jy nie vir God liefhê nie!” Stryd gewen. Skaakmat. 

Vandag se verse laat my dink aan daardie episode. Dis maklik vir ons om woorde te gebruik om God te loof en Hom te dank vir al die wonderlike dinge wat Hy in ons lewens doen. Maar hoe gebruik ons ons woorde wanneer ons met ander mense praat? Handhaaf ons dieselfde standaard as wanneer ons met God praat? 

Vir my is die sleutel in hierdie verse om te onthou dat mense na die beeld van God geskape is. Dit is hoe hulle behandel behoort te word. Ons mond kan God prys en mense vloek. Hoe kry ons dit reg? Kom ons dink daaroor na. Sou ek dieselfde dinge vir God sê wat ek vir ander sê? As die antwoord “nee” is, dan het dit tyd geword om ons manier van praat te verander. 

O Here, ek loof en aanbid U. Ek wil U en die mense wat U geskape het eer met die woorde wat ek sê. Help my om ander te sien as mense wat wonderbaarlik deur U geskape is. In Jesus se naam, amen.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Woorde Maak Saak

In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com