Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld
Plant en Versorg Jou Tuin
SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 2:1-3
Hoe beskryf Paulus ons lewe voor Christus? Hoe beskryf vers 1 die toestand van ons lewe? Wat wat is ons in staat om in daardie toestand te doen? Volgens vers 2, wie volg ons? Watter passies het ons beheer? In Christus is ons nou Sy aangenome kinders, maar wat noem Paulus ons in vers 3? Eina!
PLANT DIE SAAD
In jou stiltetyd, sê vandag se vers vir jouself op. Bêre dit in jou hart en oordink dit deur die loop van vandag.
Efesiërs 2:3
"So het ons trouens vroeër ook almal gelewe. Ons is deur ons sondige begeertes oorheers en het gedoen net waartoe ons luste ons gelei het en wat in ons gedagtes opgekom het. Vanweë ons sondige natuur sou ons net soos die ander mense deur God gestraf moes word."
GEE DIE SAAD WATER
Hoe meer ons leer oor die omvang van ons sondige natuur, hoe groter word ons liefde vir die Evangelie. Ons lewe nogsteeds in die teenwoordigheid van sonde. Ons is in sonde gebore (Psalm 51), maar Christus het ons die krag oor sonde gegee om dit te oorwin. Die mag van sonde oor ons lewens is gebreek, en dit het nie meer 'n houvas oor ons nie. Die loon van ons sonde is reeds betaal, daarom is ons vrygespreek. Ons is nou in Christus.
Let vandag op jou gedagtes en aksies. Watter wêreldse begeertes duik op wat jy teëgestaan het? Watter tydelike luste het jy van die hand gewys? Watter gedagtes het jy geleer om eerder te vermy? Maak 'n nota daarvan hieronder en dank die Here indien jy groei sien. Indien jy nie sekere areas in jou lewe teëstaan nie, vra die Here om vergifnis en hulp. Ons is eens op 'n tyd gedryf deur die passies van ons vlees. Maar nie vandag nie!
DRA DIE VRUG
Nie meer 'n aanhanger van toorn en wêreldse begeertes nie.
SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.
More
We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/