Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 40 VAN 40

Plant en Versorg Jou Tuin

DIE SAAD VAN WAARHEID

Lees Filippense 1:3-11.

Sluit jou studie af deur die volgende gedig te lees.

'n Tuin van Geregtigheid
deur Susan Sampson, Thistlebend Ministries

Nou is die tyd , nou is die seisoen;
Vir die glorie van God, dit is die rede.
Nou is die tyd, tyd om te ontwortel;
die sonde in jou hart, sodat ons vrug mag dra.

Ons harte is droë en dorre grond;
Geen skoonheid is daar te vinde.
Onkruid van selfsugtigheid, luiheid en trots oorvloedig.
Niks van waarde vir 'n troon.

Here, dit is verseker nie U visie;
Hierdie droë en afskuwelike onkruid-besmette tuin.
'n Goed gewaterde tuin is U perfekte plan.
Die vertoon van U skoonheid om aan almal te wys.
Vader, help my, ek kan dit nie alleen doen nie;
Kyk na al die onkruid wat gegroei het.

Help my asseblief om die grond van my hart op te breek.
Ja - die woord van God is die plek om te begin.
Want God se woorde is die saad wat ek nou moet saai;
Tog is dit net God wat dinge kan laat groei.

Ek moet die saad in my hart en gedagtes saai;
En oordenk God se wet dag en nag.
Ek moet die saad van geregtigheid in my hart plant;
Die Here sal die pragtige oes gee.

Ons sal die vrug van onfeilbare liefde oes
As ons nie moeg word en opgee nie.
Soos 'n goed gewaterde tuin sal ons harte wees;
Soos 'n fontein wat se water vrylik loop.

Die vrug van die regverdiges is 'n boom van lewe;
Eike van geregtigheid vir Sy genot.
So soek eers Sy geregtigheid en plant daardie saad;
Roep uit na jou Vader in ware nederigheid.

Die beloning sal so geurig en soet wees.
Pragtige bloeisels - liefde, vreugde en vrede!
Eer aan die Een wat alleen kan laat groei!
Prys die Here -
Vir die oes wat Hy laat groei het;
'n Honderd keer meer as wat gesaai is!
Dag 39

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/