Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 35 VAN 40

Plant en Versorg Jou Tuin

DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 6:18-24.
Paulus vra die Efesiërs om vir sy prediking van God's woord te bid. Sal jy nou tyd maak om vir jou prediker te bid? Gebruik hierdie verse om jou in gebed te lei. Sal jy een dag per week kies om gereeld vir hom te bid?

PLANT DIE SAAD
Sê vandag se kernvers saggies vir jouself op. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag.

Efesiërs 6:18
"Doen dit alles bidden en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges."

GEE DIE SAAD WATER
Hoe wil Paulus hê jy moet bid? Neem hierdie skrifgedeelte ter harte, wat het jy nodig om te doen om onder hierdie opdrag in te kom? Watter aanpassings moet jy in jou gebedslewe maak? Mag ek jou vra om vir my te bid? Mag ek jou ook vra om te bid dat ek op so 'n manier sal wandel wat die evangelie waardig is en God in elke opsig welgeval? En sal jy bid dat ek God se woord korrek, met mag en sonder kompromie, in die Gees en krag van God sal onderrig? Dankie!

DRA DIE VRUG
Bid gedurig en bly wakker.

SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.
Dag 34Dag 36

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/