Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 34 VAN 40

Plant en Versorg Jou Tuin

DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 6:13-17.
Die Here sal heel waarskynlik omstandighede in jou lewe toelaat wat jou sal beproef. Sal jy geloof hê of sal jy bang wees? Is daar enigiets in jou lewe wat jou geloof op die proef stel? Waarvoor is jy bang? Op watter gebied word jy gedaag om jou geloof in die Here te plaas? Sê hierdie dinge vir die Here en trek dan die volle wapenrusting van God aan. Gebruik elke stukkie wapenrusting om hierdie stryd te stry. Kyk weer na gister se oordenking indien nodig.

PLANT DIE SAAD
Sê vandag se kernvers saggies vir jouself op. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag.

Efesiërs 6:14
"Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as die gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas." (NAS)

GEE DIE SAAD WATER
Hierdie gedeelte in Efesiërs sê ons moet ons lendene met die waarheid omgord. God het Sy woord vir ons as skild gegee. Die waarheid word gegee om ons teen leuens te beskerm. Ons word met onwaarhede gebombardeer in ons kultuur - op die nuus, in rolprente, en op TV. Soos jy vandag deur jou dag gaan, let aandagtig op na die gedagtes wat deur jou kop gaan. Wees bewus van die dinge wat jy oor die radio hoor of in die koerant lees. Jy het bonatuurlike wapenrusting ontvang, so trek dit aan! Omgord jou lendene met die waarheid van God se woord voor jy met jou stiltetyd klaarmaak. Trek jou wapenrusting aan en wees gereed.

DRA DIE VRUG
Staan vas.

SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.
Dag 33Dag 35

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/