Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld
Plant en Versorg Jou Tuin
DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 1:15-23.
Wat bid Paulus vir die kerk van Efese en vir al die Christene? Gaan terug en lees weer sy gebed met die wete dat as 'n aangenome "kind" van God, Jesus elke dag vir jou intree (Hebreërs 7:25). Stel jou voor dat Jesus hierdie gebed vir jou bid. Vervang die woord "julle" met jou naam en sê hierdie skrifgedeelte tydens jou stiltetyd vir jouself op. Glo dit as waar.
PLANT DIE SAAD
Sê hierdie skrifgedeelte vir jouself in jou stiltetyd op. Bêre dit in jou hart en bepeins dit deur die loop van vandag.
Efesiërs 1:18-19
"Ek bid dat Hy julle geestes oë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo."
GEE DIE SAAD WATER
Neem Paulus se gebed en bid dit oor jou eie familie en vir iemand naby aan jou. Bid dit oor 'n vriendin van jou wie jy kan sien die Here met haar hele hart, siel, krag en verstand soek. Nou, bid dit oor jouself. Net soos wat Paulus vir Efesiërs en die kerk gebid het, onthou dat Jesus elke dag, elke uur, elke oomblik vir jou ook bid. Vra Hom om jou te help om die lewe deur Sy oë te sien. Onthou om deur die dag jou "saad nat te lei". Groei waarheid in jou hart totdat jy 'n tuin vol van geloof en geregtigheid het!
DRA DIE VRUG
Bid dat ek Hom in sy volheid sal ken.
SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.
More
We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/