PRAY4JAPAN — 17 Dae Gebedsgids vir JapanVoorbeeld

PRAY4JAPAN - 17 Day Prayer Guide for Japan

DAG 10 VAN 17

Oorvloed en Groei

Baie Japannese gelowiges word vanweë hul geloof dikwels as die mindere in die samelewing en selfs in hul eie gesinne beskou. Gevolglik sukkel hulle dikwels met eensaamheid, afsondering en depressie.

Kom ons stem ooreen vir God se oorvloedige genade om moeë Japannese gelowiges te vernuwe en aan hulle 'n openbaring van sy hart aan hulle te gee.

AANBIDDING — Vader, u heerlikheid word duidelik in die hele skepping gesien!

"Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend.

Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee.

Sonder spraak en sonder woorde, onhoorbaar is hulle stem" Psalm 19:2-4 (AFR83).

Here, die hemele verkondig u heerlikheid; die lug verkondig die werk van u hande. Ongeag taal of uitspraak, die uitroepe van u grootheid word duidelik in Japan gehoor!

VERKLARING — Ons bly en rus in die rykdom van God se genade.

"En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, [elke guns en aardse seën] sodat julle in alle opsigte [in alle omstandighede, ongeag die behoefte] altyd van alles genoeg kan hê [volkome selfversorgend in Hom] en volop kan bydra vir elke goeie werk" 2 Korintiërs 9:8.

Ons verklaar dat God in staat is om aan Japannese gelowiges genade in oorvloed te gee, sodat hulle in alle dinge en te alle tye, met alles wat hulle nodig het, oorvloedig sal wees in elke goeie werk. 

BID — Mag gelowiges oorvloedig wees in sy liefde.

"Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer" Filippense 1:9-11.

Vader, mag Japannese gelowiges se liefde al hoe meer oorvloedig wees in kennis van U. Ons bid  dat hulle sal onderskei in dit wat voortreflik is, en dat hulle sal lewe tot die dag van Christus sonder om U te verloën of iemand aanstoot te gee.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

PRAY4JAPAN - 17 Day Prayer Guide for Japan

Japan is die wêreld se tweede grootste onbereikte groep mense, selfs ná dekades van toegewyde evangelisasie en kerkteenwoordigheid. In hierdie hoogs gesofistikeerde samelewing sien die meeste Japannese Christenskap as voortreflik, maar ontoepaslik. Kerkbywoning dobber rondom 0,3%. Kom ons stem ooreen met die Woord van God terwyl ons aanbid, verklaar en bid vir 'n deurbraak in hierdie pragtige nasie.

More

Ons wil graag vir Onfire Japan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://pray4japan.net