PRAY4JAPAN — 17 Dae Gebedsgids vir JapanVoorbeeld

PRAY4JAPAN - 17 Day Prayer Guide for Japan

DAG 14 VAN 17

Regeringsleiers en Diegene met Gesag

Die Japannese regering en burokrasie is tradisioneel stadig-bewegend en konserwatief. Japan staan by 'n kruispad om Westerse neigings te volg, of om sterk te staan in sy eie oortuigings.

Kom ons stem ooreen om Japannese regeringsleiers en diegene met gesag te seën en dat hulle die Here sal vrees en regverdige besluite neem.

AANBIDDING — Prys Jesus, die Seun van God, wat oppergesag oor alle regerings het!

"Want 'n kind is vir ons gebore, 'n seun is aan ons gegee. Die heerskappy is op sy skouer. Hy word genoem: Wonderbare Raadgewer, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.

Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring ..." Jesaja 9:5-6.

Here, alle gesag is aan Christus gegee, en aan die uitbreiding van sy heerskappy en vir vrede sonder einde. Hy heers op die troon oor Japan!

VERKLARING — God se waarskuwing aan die leiers van die aarde is baie duidelik.

"Wees dan nou verstandig, konings, wees gewaarsku, regeerders van die aarde!

Julle moet die Here met ontsag dien, Hom met vrees en bewing toejuig en Hom onderdanig wees, sodat Hy nie toornig word en julle op die pad omkom nie, want sy toorn ontvlam gou.

Dit gaan goed met almal wat by Hom skuiling soek" Psalm 2:10-12 (AFR83).

Ons verkondig Psalm 2 oor Japannese leiers: "Julle moet die HERE met ontsag dien, Hom met vrees en bewing toejuig en Hom onderdanig wees, sodat Hy nie toornig word en julle op die pad omkom nie, want sy toorn ontvlam gou." Vrees die Here, Japan!

BID — Mag God Japannese regeringsleiers en diegene met baie invloed seën.

"Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen,  sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid." 1 Timoteus 2:1-2

Here, ons bid vir die “konings” en almal in Japan met gesag — dat gelowiges in alle godsvrug en heiligheid vreedsame en stil lewens mag lei.

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

PRAY4JAPAN - 17 Day Prayer Guide for Japan

Japan is die wêreld se tweede grootste onbereikte groep mense, selfs ná dekades van toegewyde evangelisasie en kerkteenwoordigheid. In hierdie hoogs gesofistikeerde samelewing sien die meeste Japannese Christenskap as voortreflik, maar ontoepaslik. Kerkbywoning dobber rondom 0,3%. Kom ons stem ooreen met die Woord van God terwyl ons aanbid, verklaar en bid vir 'n deurbraak in hierdie pragtige nasie.

More

Ons wil graag vir Onfire Japan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://pray4japan.net