Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te VerrykVoorbeeld

Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te Verryk

DAG 2 VAN 10

Die regte woorde

Here, ek wil U vra om my te verander waar ek nodig het om verander te word. Openbaar aan my dié kere toe ek nie die regte woorde gesê of die regte gedagtes aan my man (vrou) gekommunikeer het nie, en ek sal dit voor U bely, want U weet ek skiet tekort aan u heerlikheid (Romeine 3:23).

Leer my hoe om openhartig en eerlik te kommunikeer sodat my woorde opreg en waar sal wees (Spreuke 8:6-9). Ek weet ek kan nie in u teenwoordigheid leef as ek nie die waarheid praat nie (Psalm 15:1-3). Gee aan my die regte woorde vir elke situasie. Ek bid dat u liefde so sterk sal wees in my hart en gedagtes dat dit tot uiting sal kom in alles wat ek sê.

Ek bid dit in Jesus se Naam.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te Verryk

Jy het die voorreg en verantwoordelikheid om elke dag vir jou man of vrou te bid. Hierdie 10 gebede deur Stormie Omartian uit KRAGTIGE GEBEDE OM JOU HUWELIK TE VERRYK sal vir jou op jou eie of vir julle saam ’n wegspringplek wees om te bid vir belangrike kwessies in julle huwelik.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za