Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te VerrykVoorbeeld

Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te Verryk

DAG 7 VAN 10

Streef eensgesindheid na

Here, help my om altyd ’n sagte hart te hê wat bereid is om dinge met my man (vrou) deur te praat, veral in areas waar ons van mekaar verskil. Ek weier om angstig te word oor enige mate van verdeeldheid wat ek tussen my en my man (vrou) aanvoel. In plaas daarvan dank ek U vir wie U is en vir alles wat U vir ons gedoen het, en ek maak my versoeke aan U bekend.

Dankie dat u vrede, wat alle verstand te bowe gaan, oor my hart en verstand die wag hou omdat ek aan Christus Jesus verbonde is (Filippense 4:6-7). Ek sal nie toelaat dat my hart ontsteld raak nie; ek sal eerder op U vertrou (Johannes 14:1). 

Ek bid dit in Jesus se Naam.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te Verryk

Jy het die voorreg en verantwoordelikheid om elke dag vir jou man of vrou te bid. Hierdie 10 gebede deur Stormie Omartian uit KRAGTIGE GEBEDE OM JOU HUWELIK TE VERRYK sal vir jou op jou eie of vir julle saam ’n wegspringplek wees om te bid vir belangrike kwessies in julle huwelik.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za