Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te VerrykVoorbeeld

Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te Verryk

DAG 8 VAN 10

Meningsverskille ...

Here, waar ek en my man (vrou) meningsverskille het wat probleme veroorsaak, bid ek dat U hom (haar) sal help om bereid te wees om dinge met my deur te praat en om U te vra vir duidelikheid oor wat ons veronderstel is om te doen. Leer ons om nie vir ons eie regte te veg nie, maar help ons eerder om nader aan U en nader aan mekaar te kom.

Help ons om die liefde aan te voel wat ons vir mekaar het en om te weet dit is baie sterker en belangriker as enigiets waaroor ons verskil. Net soos niemand ons van Christus se liefde kan skei nie, bid ek dat niks ons van ons liefde vir mekaar sal skei nie (Romeine 8:35).

Ek bid dit in Jesus se Naam.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te Verryk

Jy het die voorreg en verantwoordelikheid om elke dag vir jou man of vrou te bid. Hierdie 10 gebede deur Stormie Omartian uit KRAGTIGE GEBEDE OM JOU HUWELIK TE VERRYK sal vir jou op jou eie of vir julle saam ’n wegspringplek wees om te bid vir belangrike kwessies in julle huwelik.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za