Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te VerrykVoorbeeld

Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te Verryk

DAG 4 VAN 10

Eerlikheid

Here, help my man (vrou) om eerlik te wees oor alles. Oortuig hom (haar) van enige kere toe hy (sy) nie eerlik was nie. Vernietig enige oortuiging in hom (haar) dat bedrieglikheid aanvaarbaar is. Gee hom (haar) die krag om die vader van alle leuens teë te staan (Johannes 8:44). Mag hy (sy) weier om verstrik te raak in sy (haar) eie woorde (Spreuke 6:2).

Keer enige verdeeldheid tussen ons, en gee dat ons eensgesind sal wees en dieselfde goeie oordeel sal hê. Waar hy (sy) gesukkel het om goed te kommunikeer, stel hom (haar) in staat om dit nou te doen.

Dankie dat U ons Rots en ons Verlosser is, en dat U ons van alle sondes verlos (Psalm 78:35).

Ek bid dit in Jesus se Naam.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te Verryk

Jy het die voorreg en verantwoordelikheid om elke dag vir jou man of vrou te bid. Hierdie 10 gebede deur Stormie Omartian uit KRAGTIGE GEBEDE OM JOU HUWELIK TE VERRYK sal vir jou op jou eie of vir julle saam ’n wegspringplek wees om te bid vir belangrike kwessies in julle huwelik.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za